Voorwoord
Abstract
In die 500ste herdenkingsjaar van die Hervorming en met die wete dat ’n artikel oor Luther in hierdie
uitgawe van vir die Musiekleier verskyn, besoek ek toe ’n blog waar my oog die wonderlike trefreël
vang: “Reformation 2017 – It’s Still All about Jesus”. As orrelis sit ons omtrent elke Sondag op ons
‘gewone’ plek en doen ons maar net die ‘gewone’ begeleiding – is hierdie uitspraak nie des te meer van
toepassing op ons en wat ons doen nie? Moet alles wat ons as orrelis/begeleier/musiekleier doen nie
nét nog steeds oor Jesus gaan nie?