Show simple item record

dc.contributor.advisorStoffels, M.C.
dc.contributor.advisorBotes, A.
dc.contributor.authorVan Niekerk, J.
dc.date.accessioned2018-10-09T13:03:58Z
dc.date.available2018-10-09T13:03:58Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0001-8469-7148
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31344
dc.descriptionLLM (Perspectives on law), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractIn Suid-Afrika geniet kulturele en godsdienstige regte grondwetlike beskerming en dit hou in dat elkeen ook die reg het om ingevolge sy of haar kulturele praktyke en geloofsisteme 'n tradisionele geneesheer te raadpleeg. Alhoewel, tradisionele geneeskunde het vir lank nie in Suid-Afrika regserkenning ontvang nie. Op 1 Mei 2014 het 'n aantal bepalings van die Traditional Health Practitioners Act 22 van 2007 egter in werking getree. Die gevolg hiervan was die vestiging van die interim Raad vir tradisionele geneeshere en die nuwe vereiste dat tradisionele geneeshere nou by die interim Raad geregistreer moet wees ten einde wettiglik in Suid-Afrika te praktiseer. Weens hierdie nuwe vereiste sal 'n geregistreerde tradisionele geneesheer nou by die bepalings van artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 vir doeleindes van die uitreiking van 'n geldige mediese sertifikaat, ingesluit word. In hierdie opsig bepaal artikel 23(2) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes dat 'n geldige mediese sertifikaat vir doeleindes van siekteverlof uitgereik en onderteken moet word deur 'n mediese praktisyn of 'n ander persoon wat by 'n beroepsraad geregistreer is en wat gekwalifiseer is om pasiënte te diagnoseer en te behandel. Hier kom die kwessie van tradisionele geneeshere na vore. Die vereiste is dat die betrokke persoon gekwalifiseerd moet wees om 'n persoon te kan diagnoseer en te behandel, maar die kwalifikasie van tradisionele geneeshere in hierdie konteks is juis 'n "bone of contention." Alhoewel 'n geregistreerde tradisionele geneesheer nou 'n regsgeldige mediese sertifikaat vir doeleindes van artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes kan uitreik, kan bepaalde problematiek betreffende die mediese sertifikaat van 'n tradisionele geneesheer geïdentifiseer word. Veral die betroubaarheid van sodanige sertifikate in vergelyking met dié van konvensionele mediese sertifikate kan bevraagteken word. Die kwessie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat, gegewe die aard van tradisionele geneeskunde en wat in daardie sin as ongesteldheid beskou kan word, die tradisionele geneesheer se vermoë om 'n siekte met die oog op werklike ongeskiktheid vir werk te diagnoseer, bevraagteken kan word. Die idee van 'n mediese sertifikaat in die konvensionele sin is juis dat dit moet kan bewys dat die werknemer weens sy of haar siektetoestand nie sal kan werk nie. Weens die aard van tradisionele geneeskunde en wat in daardie opsig as siektetoestande geklassifiseer kan word, kan die vraag gevra word of die werknemer wat aan so siektetoestand ly, op 'n soortgelyke wyse waarlik ongeskik vir werk sal wees. Dit sou regsekerheid in die hand werk as die tradisionele geneesheer die nodige opleiding het om met akkuraatheid te kan oordeel of die werknemer werklik vir werk ongeskik is alvorens hy of sy 'n mediese sertifikaat uitreik. Dit blyk egter dat die statutêre bepalings aangaande standaarde van opleiding en kwalifikasies wat vir doeleindes van registrasie ingevolge die Traditional Health Practitioners Act verlang sal word, leemtes toon. Vervolgens kan betwyfel word of volwaardige tradisionele geneeshere ingevolge die Traditional Health Practitioners Act geregistreer word en of 'n geregistreerde tradisionele geneesheer wel voldoende bekwaam is om 'n betroubare diagnose vir doeleindes van siekteverlof te maak. Dit kan derhalwe vir werkgewers moeilik wees om sekerheid oor die betroubaarheid van 'n tradisionele geneesheer se diagnose en die ongeskiktheid van die werknemer te hê. Mits die mediese sertifikaat van 'n konvensionele praktisyn of dié van 'n tradisionele geneesheer egter aan die voorgeskrewe vereistes vir mediese sertifikate ingevolge artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voldoen, sal sodanige mediese sertifikaat vir doeleindes van siekteverlof geldig wees. Ten spyte van hierdie feit moet die betroubaarheid en akkuraatheid van die mediese sertifikate van 'n tradisionele geneesheer steeds ondersoek word ten einde te bepaal tot watter mate die werkgewer se behoefte aan betroubare mediese sertifikate vir doeleindes van siekteverlof in hierdie gevalle vervul word. Die vraag wat ontstaan is tot watter mate 'n werkgewer op die betroubaarheid en akkuraatheid van 'n tradisionele geneesheer se diagnose (in vergelyking met dié van 'n konvensionele mediese praktisyn) en die ongeskiktheid van die werknemer vir doeleindes van siekteverlof, kan staatmaak. Die doel van hierdie studie is om uiteindelik aan te toon dat regsonsekerheid in hierdie opsig vir die werkgewer 'n sterk moontlikheid is. Verder word met hierdie studie beoog om aan te toon dat die Traditional Health Practitioners Act tans nie die potensiële regsonsekerheid uit die weg ruim om sodoende vir die werkgewer se belange voldoende beskerming te gee nie. Die voorstel sal gemaak word dat onduidelikhede in die Traditional Health Practitioners Act opgeklaar behoort te word.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectTradisionele geneeshereen_US
dc.subjectmediese sertifikateen_US
dc.subjectWet op Basiese Diensvoorwaardesen_US
dc.subjectTraditional Health Practitioners Acten_US
dc.subjectgeldigheiden_US
dc.subjectbetroubaarheiden_US
dc.titleMediese sertifikate ingevolge die Traditional Health Practitioners Act : die kwessie van geldigheid en betroubaarheiden_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID21424446 - Stoffels, Myrone Christopher (Supervisor)
dc.contributor.researchID13020242 - Botes, Anri (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record