Show simple item record

dc.contributor.advisorPienaar, H.E.
dc.contributor.advisorDenton, R.A.
dc.contributor.authorBarnard, M.
dc.date.accessioned2018-11-01T06:27:41Z
dc.date.available2018-11-01T06:27:41Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31602
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-3533-1339
dc.descriptionPhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie middeljarige wit Afrikaanse man wat homself in die werkplek betref, vind homself in ʼn uitdagende situasie. Om afgelê te word by die werk, skep geweldige trauma veral as gevolg van die geskiedenis van Suid-Afrika. Wit Afrikaanse mans in hul middeljare word nie sommer meer in diens geneem nie as gevolg van die Gelykstellende Aksie Wet As hul in hul middeljare hul werk verloor is die krisis dat hul kinders normaalweg in die hoërskool of selfs universiteit is, hul ouers is ook in ʼn gevorderde lewensstadium en het ook die meeste van die tyd finansiële hulp nodig. Wit Afrikaanse mans word ook groot vanuit hul kultuur en identiteit dat hul die broodwinners moet wees wat verdere druk plaas op die wit Afrikaanse man. Die verlies aan status, inkomste en sekuriteit het ʼn traumatiese effek op die persoon se selfkonsep en identiteit. Die doelstelling van die studie is om narratiewe pastorale teologiese hulpverlenings- riglyne saam te stel vir die begeleiding van die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging. Vir die doeleindes van hierdie studie is die vier take vir prakties-teologiese interpretasie, soos deur Osmer uiteengesit, gevolg te wete:  Beskrywende-empiriese taak - “Wat gaan aan?”  Interpreterende taak - “Waarom gebeur dit?”  Normatiewe taak - “Wat behoort te gebeur?”  Pragmatiese taak - “Hoe kan ons daarop reageer?” ʼn Empiriese kwalitatiewe studie is gedoen onder die gespreksgenote waar daar gefokus is op die identiteitsbeskouing van die wit Afrikaanse man, hoe die groep werk beskou, asook die impak (emosioneel, finansieel en sosiaal) van werksverlies by die middeljarige wit Afrikaanse man wat sy werk verloor as gevolg van verpligte aflegging. Daar is ook besin oor die effek van werksverlies op hierdie groep se verhouding met die Here en wat vir hul sin gee asook die effek van regstellende aksie in die soeke na werk. Die reis saam met die gespreksgenote het getoon dat hierdie belewenis van werksverlies ʼn traumatiese impak het op die middeljarige wit Afrikaanse man en hul verhoudinge. Dit is nodig dat narratiewe pastorale teologiese hulpverleningsriglyne moet word vir die begeleiding van die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging. Vanuit die interpreterende taak is daar beskryf waar die narratiewe benadering tuiskom in Praktiese Teologie. Die interpreterende taak vra die vraag: “Hoekom gebeur dit?” Die interpreterende taak gaan voort om ryker in gesprek te gaan met gewaarwordinge vanuit die beskrywende-empiriese taak. In hierdie hoofstuk is die aangrensende wetenskappe nagevors oor die beskouing van man wees deur die wit Afrikaanse man, hoe die wit Afrikaanse man werk beskou asook die kenmerke van werk, watter effek die middeljare op die wit Afrikaanse man het wat sy werk verloor asook emosionele aspekte wat die wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging, met inbegrip van trauma en die rouproses, ervaar. Die soeke na nuwe werk is ook aan die woord gestel met spesifieke verwysing na regstellende aksie. Daar is ook ʼn literatuurstudie oor sosiale geregtigheid asook ekonomiese geregtigheid gedoen. By die normatiewe taak is die gespreksgenote se geloofsverhale reeds hier ingebind wat eintlik die wyse is waarop daar ʼn keuse gemaak kon word waar om in die Skrif te soek. Voorts het die normatiewe taak gefokus op die identiteitsbeskouing van die Christengelowige vanuit die Skrif en wat die Skrif se siening is oor werk. Verlies en voorbeelde van verlies in die Skrif is bespreek en sosiale geregtigheid is aan die orde gestel. Daar is verhale uit die Skrif wat toon dat mense met God kan worstel oor hul situasie, waar hul, hul nood kan uitspreek. God is in die genoemde verhale van die Skrif by die noodlydende, al word die krisis situasie nie opgelos nie. Die gespreksgenote wys daarop dat om saam met God deur verlies te werk skep hoop. Hooploosheid is om sonder God te wees in verlies situasies. Die beskrywende-empiriese-, interpreterende- en normatiewe take het voorts in die pragmatiese taak in gesprek getree met mekaar. Vanuit hierdie gesprek is narratiewe pastorale teologiese hulpverleningsriglyne vir die begeleiding van die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging daargestel. Die Narratiewe pastorale teologiese hulpverleningsriglyne vir die begeleiding van die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging wat voorgestel word, is ʼn praktiese wyse waarop die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging begelei kan word om nuwe betekenis te gee aan hul situasie.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectWiten_US
dc.subjectAfrikaanseen_US
dc.subjectMansen_US
dc.subjectMiddeljareen_US
dc.subjectAfleggingen_US
dc.subjectWerken_US
dc.subjectPastorale Teologieen_US
dc.subjectNarratief en Sosiale geregtigheiden_US
dc.titleBegeleiding van die middeljarige wit Afrikaanse man tydens verpligte aflegging: ’n Narratief-pastorale benaderingen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID23401516 - Denton, Rudy Arthur (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record