’n Lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders: aanwending van die lewenskaartetegniek in maatskaplike groepwerkverband
View/ Open
Date
2019Author
Simeon, Elzahne
Herbst, Alida
Strydom, Herman
Metadata
Show full item recordAbstract
The focus of this article is to indicate how the life map technique was applied in the development of a life skills program for street children in order to promote the psychosocial functioning of street children. A literature study was undertaken to determine the existing legislature for and service rendering to street children. After the literature study a needs assessment was undertaken to determine the specific needs of street children. According to the results of the literature study and the needs assessment the programme was developed, which is scientifically based on the real needs of these children. The content of such a programme is reported on in this article Die artikel dui aan hoe die lewenskaartetegniek as terapeutiese hulpmiddel in maatskaplike groepwerkverband gebruik is om ’n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders te ontwikkel. Hierdie program beoog om die psigo-sosiale behoeftes van straatkinders te bevorder. ’n Literatuurstudie is onderneem ten einde die terrein van wetgewing vir en dienslewering aan straatkinders af te baken. ’n Volledige behoeftebepaling is hierna onderneem om die spesifieke behoeftes van hierdie teikengroep te kon vasstel. Op grond van beide die literatuurstudie en die behoeftebepaling is hierdie program ontwikkel, wat wetenskaplik op die werklike behoeftes van hierdie kinders gebaseer is. Die inhoud van hierdie program word aan die hand van nege sessies aangebied. Elke sessie is op ’n bepaalde lewenskaarttema gebaseer en sluit onder andere die volgende in, naamlik selfkennis, interpersoonlike verhoudings, “coping”, toekomsbeplanning, groepsdruk, substansmisbruik, probleemoplossing, konflikhantering, ’n gesonde leefstyl, kommunikasievaardighede, positiewe funksionering en die toepassing van al die vaardighede in hul lewensituasie. Die studie kan as uniek beskou word omdat dit die eerste keer is, volgens die standpunte van die outeurs, dat navorsing gedoen is oor die gebruik van die lewenskaartetegniek in die ontwikkeling van ’n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders. Verder bestaan daar ook min navorsing oor die psigo-sosiale funksionering van straatkinders en hul behoefte aan lewensvaardighede
URI
http://hdl.handle.net/10394/33503https://socialwork.journals.ac.za/pub/article/view/738/671
https://doi.org/10.15270/55-3-738
Collections
- Faculty of Health Sciences [2377]