Show simple item record

dc.contributor.advisorBlignaut, C.en_US
dc.contributor.authorLa Grange, A.en_US
dc.date.accessioned2020-11-16T08:43:36Z
dc.date.available2020-11-16T08:43:36Z
dc.date.issued2020en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0001-9294-1243en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36350
dc.descriptionMA (Geskiedenis), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie politiek rondom die Tweede Wêreldoorlog het groot verdeeldheid binne Suid-Afrikaanse Afrikanerkringe veroorsaak. Van alle stemme wat teen die oorlogspoging opgegaan het, was dié van die Ossewa-Brandwag (OB) die hardste. Die OB staan bekend as ʼn dualistiese beweging wat aan die een kant as kultuurorganisasie funksioneer het, maar met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog ook die karakter van ʼn politieke versetbeweging aangeneem het. As versetbeweging is twee vorme van verset teen die Smuts-regering se oorlogspoging ingespan: lydelike verset en aktiewe verset. Hierdie grootskaalse verset teen oorlogsdeelname het die Smuts-regering aangemoedig om verskeie noodregulasies in te span teen lede van die OB, en die OB se ondergrondse Stormjaer-beweging. In die lig hiervan is daar interneringskampe gevestig vir diegene wat as ʼn bedreiging vir die staat beskou is. Die interneringskampe en noodregulasies het die lewens van honderde lede van die OB geraak en het ʼn invloed uitgeoefen op elke vorm van die OB se verset en latere bestaansreg. Watter impak die noodregulasies en interneringsbeleid op die OB se lede, bedrywighede en karakter gehad het, is die leemte wat hierdie verhandeling vul. Die noodregulasies en veral die interneringsbeleid het die OB as organisasie ten nouste geraak, en dit is ook een van die historiese verskynsels waarteen die OB ten sterkste gereageer het. Die oorlogsomstandighede se impak op die oortuigings van Suid-Afrikaanse individue, sowel as die wyse waarop tydgenote steeds binne hierdie omstandighede in lyn met daardie oortuigings opgetree het, word in hierdie studie bestudeer. Wat die impak was, hoe lede daarop gereageer het en steeds hulle oortuigings gehandhaaf het, is dus belangrike aspekte vir die evaluering van die gevolge van die oorlogsomstandighede op die Suid-Afrikaanse samelewing.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectNoodregulasies
dc.subjectOssewa-Brandwag
dc.subjectTweede Wêreldoorlog
dc.subjectInternering
dc.subjectSmuts-regering
dc.subjectAfrikanernasionalisme
dc.subjectInterneringsbeleid
dc.subjectVerset
dc.subjectStormjaers
dc.subjectInterneringskampe
dc.subjectNoodhulpfonds
dc.subjectBond van Oud-Geïnterneerdes (BOPG)
dc.titleDie impak van die Unie van Suid-Afrika se noodregulasies op die Ossewa- Brandwag teen die agtergrond van Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, 1939-1948en_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID20312814 - Blignaut, Charl (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record