• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2006 Volume 2 No 1
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2006 Volume 2 No 1
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Dr. Albert Hertzog se bemoeienis met die Mynwerkersunie

    Thumbnail
    View/Open
    transd_v2_n1_a7.pdf (228.8Kb)
    Date
    2006
    Author
    Visser, Wessel
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In 1975 het Dan O’Meara die boek van L Naudé, Dr A. Hertzog, die Nasionale Party en die Mynwerkers, vir die South African Labour Bulletin geresenseer. Daarin bespreek O’Meara die stryd en motiewe van die Afrikaner politieke en kulturele elite om ‘n Afrikaner-nasionalisties-georiënteerde leierskap teen 1948 in beheer van die Mynwerkersunie (MWU) te stel. Resente navorsing, gebaseer op ‘n in diepte studie van die Hertzog-Versameling by die Instituut vir Eietydse Geskiedenis in Bloemfontein, asook ander dokumente, het Hertzog se verdere intieme betrokkenheid by hierdie vakbond in die post-1948 periode aan die lig gebring. Aantygings van korrupsie teen die MWU se hoofsekretaris, Daan Ellis, het tot smeerveldtogte, mosies van wantroue en kommissies van ondersoek na korrupsieklagtes en wanbestuur aanleiding gegee. Dit het ‘n onverkwiklike magstryd tussen PJ Visser, die president van die MWU, en Ellis tot gevolg gehad. Hertzog was ten nouste daarby betrokke. Hertzog en lede van die Afrikaner politieke- en kulturele-elíte was besorg dat die twis en onmin binne die vakbond uiteindelik die beeld van die MWU by blanke mynwerkers, en Afrikanermynwerkers in die besonder, kon benadeel wat op sý beurt weer polities ‘n negatiewe gevolge vir die NP by die stembus kon inhou. Daarom sou Hertzog probeer om met die bestuur van die vakbond in te meng en selfs lede van die Afrikaner Broederbond het gepoog om die magstryd binne die MWU te ontlont. Hierdie artikel poog om ‘n aspek van die politieke lewe van dr. Albert Hertzog te belig, aangesien daar nog geen deurtastende wetenskaplike historiese ondersoek na die politieke lewe van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gedoen is nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/3868
    Collections
    • TD: 2006 Volume 2 No 1 [17]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV