• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Koöperatiewe Probleemebaseerde leer in Inligtingstegnologie : aktiewe leer vir die Vierde Industriële Revolusie / H.M. (Marietjie) Havenga

    Thumbnail
    View/Open
    Havenga_M.pdf (344.6Kb)
    Date
    2022
    Author
    Havenga, H.M. (Marietjie)
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Rekenaarprogrammering behels die implementering van abstrakte idees, en die ontwerp en gebruik van programmeringskonstrukte op so ʼn wyse dat dit die korrekte logika en betekenis daarvan in ʼn program uitvoer. Studente ondervind egter probleme om rekenaarprogramme suksesvol te skryf. Verskillende soorte denkvaardighede byvoorbeeld kognitiewe en metakognitiewe denke word benodig vir programmering. Verder kan verskillende strategieë soos probleemgebaseerde leer en koöperatiewe leer gebruik word om aktiewe en verantwoordelike leer by studente te bevorder en sodoende geleenthede skep om lewenswerklike probleme op te los. Selfgerigte leer is ʼn aktiewe proses waar studente persoonlik by die leeraktiwiteite betrokke moet wees om as selfstandige, verantwoordelike en lewenslange leerders te ontwikkel. Selfgerigte leervaardighede is ook van kardinale belang vir die Vierde Industriële Revolusie (4IR). Verder is verskeie tipes tegnologieë essensieel vir die 4IR. Dit het tot gevolg dat die toekomstige onderrig–leeromgewing radikaal van die tradisionele klaskamer moet verskil. Uit die voorafgaande stel ek ʼn raamwerk met vier dimensies van geïntegreerde vaardighede voor wat noodsaaklik is om Inligtingstegnologie-onderwys vir die 4IR te kontekstualiseer naamlik essensiële vaardighede vir die toekoms, strategieë vir aktiewe onderrig en leer, tydsgebaseerde aspekte, en die invloed of impak op die samelewing. Met hierdie intreerede voer ek aan dat die implementering van koöperatiewe probleemgebaseerde leer as onderrig–leerstrategie ʼn bydrae kan lewer tot studente se aktiewe en verantwoordelike leervaardighede vir die Vierde Industriële Revolusie.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/39661
    Collections
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus [356]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV