Die analise van finansiële state as hulpmiddel vir bestuur
Abstract
Die analise van finansiele state as hulpmiddel vir bestuur het
in die hedendaagse sakewereld, as gevolg van toenemende mededinging,
baie belangrik geword. In die lig van bogenoemde
is dit dan ook die doel van hierdie studie om 'n ontleding
te doen van:
1, die gebruikers van finansiele state; en
2. die gebruik van die verskillende verhoudings deur
bestuur vir beheerdoeleindes.
TERREINAFBAKENING
Ten einde 'n begrip te vorm van hoe die analise van finansiele
state as hulpmiddel vir bestuur kan dien is dit nodig om die
volgende te bespreek:
1. die interne ontleding van balansstate;
2. die vergelykende ontleding van balansstate;
3. die ontleding van inkomstestate; en
4. die staat van bron en aanwending van fondse.
'n Hoofstuk word dan aan elk van die onderwerpe gewy.
METODE VAN STUDIE
Die inligting in hierdie skripsie is hoofsaaklik uit die
bestaande literatuur verkry. Die skrywer maak hoegenaamd
nie daarop aanspraak dat hierdie studie omvattend is in die
sin dat alle beskikbare literatuur oor die onderwerp geraadpleeg
is nie. Menings deur die skrywer hierin opgeneem is
sy eie; hulle is slegs spekulatief van aard en is nie
eksperimenteel getoets nie.
SLOTGEDAGTE
Hierdie skripsie is bedoel as 'n prikkeling tot groter belangstelling
en een van die belangrikste redes vir die sukses
van enige onderneming.