A scenario analysis of NATO's future (2000- 2010)
Abstract
In die verhandeling is NAVO (Noord Atlantiese Verdrags-organisasie) as 'n
voorbeeld geneem om die relevansie van scenario ontwikkeling binne die
lnternasionale politiek te toets. Om dit te doen is die ontstaansgronde van
NAVO bespreek. Dit is gedoen uit 'n histories-chronologiese perspektief
waarby relevante terme en teoriee uit lnternasionale Politiek gebruik is. In
hoofstuk twee is die metodologie wat in die verhandeling gebruik word
verduidelik. Hoofstuk drie het NAVO in die Koue Oorlog bespreek, waarna
daar in hoofstuk vier die einde van die bipolere wereldorde verduidelik is.
Hoofstuk vyf het NAVO se reaksie op hierdie situasie verduidelik aan die hand
van, die strukture van NAVO en moontlike veranderinge daarin asook
verskillende optredes van NAVO sedert 1991. Hoofstuk ses sluit nou aan by
hoofstuk twee want die teorie en die praktyk word in die hoofstuk
byeengebring. Die voorafgaande hoofstukke het die grondslag voorsien en in
hoofstuk ses is konseptuele raamwerke/scenarios geformuleer wat
alternatiewe toekomste op die tafel kon plaas vir NAVO in 'n era van
verandering. Hoofstuk sewe is die slothoofstuk en die gevolgtrekking wat deur
die studie moontlik gemaak is, word daar weergegee.
Dit is bevind dat:
• Scenario-ontwikkeling noodsaaklik is in lnternasionale Politieke
analise;
• Oat scenarios in die geval van hierdie studie baie konsepte in verband
kon plaas en dat sinvolle konseptuele raamwerke geformuleer kon
word.
• Die raamwerke is nie uitsluitlik nie, hulle is heuristiese konstrukte wat
verdere ondersoek aanmoedig.
Collections
- Humanities [2644]