Contents

No. 7, January 1980

Articles


Book reviews

Editorial

During the second half of the nineteenth century the establishment of towns was a far more common occurrence than it is today. In the decade 1880 to 1889 at least thirty-four towns sprang up all over South Africa: in the Cape Colony (thirteen), in the Transvaal Republic (thirteen), in Natal (four) and in the Orange Free State (four). These towns are at present either celebrating their centenaries, or preparing to do so.

It has become almost a matter of course for local authorities to publish a local history to coincide with their centennial celebrations. The Regional History Section of the HSRC is often approached for help in projects of this kind, so acquiring first-hand knowledge of a number of problems in this field. To assist those who have still to attempt a local history, a few of these will be discussed.

Time, or rather the lack of it, can be a real poser. Sometimes local authorities do not realise the importance of judicious planning and budgeting. It is not enough to allow a mere year or, two for the research required and for the writing and publishing of a comprehensive history.

Even if the planning starts well in time, there are other factors to cope with, such as finding the right person to compile the history, for which a qualified historian such as a university history lecturer should preferably be commissioned. Should this be impossible a local resident with academic experience and a commitment to local history would meet the case.

To highlight all aspects relating to the establishment, existence, and development of a community, the compiler of a local history needs to cover a wide field of activities: he must look at the pioneering history, the educational, religious, political, economic and social development, the maintenance of law and order, the institution of road, rail and telecommunication networks, health and welfare services, and the growth of local government systems.

Although the Regional History Section cannot undertake to write local histories on request, or do the research for them, local authorities are very welcome to approach us for any information we are able to give.

Redaksioneel

Dorpstigting het gedurende die laaste helfte van die negetiende eeu meer dikwels as vandag voorgekom. In die dekade 1880-1889 is minstens vier-en-dertig dorpe oor die hele Suid-Afrika gestig; dertien elk in die Kaapkolonie en die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), en vier elk in Natal en die Oranje-Vrystaat. Hierdie dorpe is tans besig om hul honderdjarige bestaan te herdenk, of beplan om dit in die komende dekade te doen.

Dit het al byna die reël geword dat plaaslike owerhede by die geleentheid van 'n dorp se eeufeesvieringe 'n dorpsgeskiedenis laat opstel. Die Afdeling Streekgeskiedenis van die RGN word soms genader om daarmee behulpsaam te wees en dra dus eerstehands kennis van die talle probleme wat daarmee gepaard gaan. Enkele van die probleme word bier uitgelig sodat diegene wat hierdie pad nog moet bewandel, kan leer uit ander se ondervinding.

Die probleem wat eintlik alle ander probleme kwalifiseer, is tyd, meer besonder, die gebrek aan tyd. Plaaslike owerhede beset gewoonlik nie dat dit nodig is om lank voor die tyd te beplan en te begroot nie indienhulle 'n behoorlike dorpsgeskiedenis betyds gereed wil hê. As 'n jaar, of selfs twee jaar, voor die tyd eers besluit word om 'n dorpsgeskiedenis te laat opstel, laat dit baie min tyd oor vir behoorlike navorsing, en vir die skryf en druk van so 'n geskiedenis.

Selfs al word die besluit om 'n dorpsgeskiedenis te laat opstel tydig geneem, is dit nie altyd maklik om die geskikte persoon te vind om dit te doen nie. Die ideaal is om 'n opgeleide historikus, soos 'n geskiedenisdosent aan 'n universiteit, se dienste te verkry. As dit nie moontlik is nie, sou 'n plaaslike persoon met 'n akademiese agtergrond en die nodige belangstelling in die plaaslike geskiedenis ook vir die taak ingespan kan word.

Een van die probleme waarmee die opsteller van 'n dorpsgeskiedenis te make kry, is die wye terrein wat gedek moet word om al die aspekte van 'n gemeenskap se ontstaan, bestaan en ontwikkeling tot sy reg te laat kom. Hy moet aandag gee aan die pioniersgeskiedenis, opvoedkundige, godsdienstige, politieke, ekonomiese en kulturele ontwikkeling, die handhawing van wet en orde, die ontstaan van pad-, spoorweg- en telekommunikasienetwerke, gesondheids- en welsynsdienste en die ontstaan en ontwikkeling van plaaslike bestuurstelsels.

Hoewel die Afdeling Streekgeskiedenis nie kan onderneem om op versoek dorpsgeskiedenisse op te stel nie, is plaaslike owerhede baie welkom om vir advies daaromtrent aan te klop.

Recent Submissions

  • Lombard, R.T.J. 1980. Ermelo 1880 - 1980. [Boek resensie] 

    Eloff, C C (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1980)
  • Potchefstroom en die Eerste Vryheidsoorlog 1880-81. 

    Haasbroek, D J P (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1980)
    • Opsomming: Aanvanklik het die Transvaalse burgers die Britse anneksasie van hul land in April 1877 met gelatenheid aanvaar. Eers meer as drie jaar later het die smeulende verset tot daadwerklike optrede oorgegaan toe ...
  • The persistence of the casual poor in Johannesburg. 

    Beavon, K S O; Rogerson, C M (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1980)
    • Opsomming: Hierdie artikel vestig die aandag van stedelike geskiedskrywers en historiese geograwe op die verwaarlosing van die geleentheidsarmes in Suid-Afrika se stedelike gebiede, veral dié in Johannesburg. Die skrywers ...
  • Die betekenis van 'n streeksargief vir die Vaaldriehoek. 

    Van Jaarsveld, F A (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1980)
    • Opsomming: Die Vaaldriehoek met Sasolburg, Vanderbijlpark en Vereeniging as hoofsentra is reeds bestempel as die Ruhrgebied van die Suid-Afrikaanse industriële streke. As gevolg van die streek se relatiewe afgesonderdheid ...
  • Van Nazareth tot Middelburg. 

    Claassen, G N (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1980)
    • Opsomming: Die distrik Middelburg was aanvanklik deel van die Republiek van Lydenburg. In 1860, dit wil sê nog voordat daar in 1864 tot die stigting van die dorp Middelburg oorgegaan is, is hierdie gebied by die ...