Grepies uit die geskiedenis van Woodstock.
Abstract
• Opsomming:
Woodstock, wat oorspronklik as Papendorp bekend gestaan
het, is 'n nywerheids- en woongebied van Kaapstad. Teen die begin
van die negentiende eeu is huise opgerig langs die hoofpad wat deur
Pieter van Papendorp se eiendom geloop het, en in 1845 was daar
reeds 'n Anglikaanse kerk en 'n skool. Met die aanlê van 'n spoorlyn
het die groeitempo versnel. In 1881 het Papendorp en Soutrivier
saamgesmelt en is die naam Woodstock vir die nuwe munisipaliteit
aanvaar. Toenemende industrialisasie het die karakter van die eens
Afrikaanse woongebied, wat in 1913 by Kaapstad ingelyf is, totaal
verander. • Summary:
Woodstock, which was originally known as Papendorp, is an
industrial and residential area in Cape Town. At the beginning of
the nineteenth century houses were erected along the main road
which ran through the property of Pieter van Papendorp and in
1845 the area could boast of an Anglican church and a school. The
tempo of growth quickening when the railway line was laid by 1881
Papendorp and Salt River had merged and the name Woodstock
was accepted for the new municipality. Increasing industrialization
completely altered the character of this residential area, at one time
purely Afrikaans, which was incorporated into Cape Town in 1913.
Collections
- Contree: 1978 No 3 [13]