The "small Greek cities" of the Cape Peninsula.
Abstract
• Opsomming:
Teen die einde van die negentiende eeu was dit duidelik dat
dit noodsaaklik was om die talle klein munisipaliteite in die Kaapse
Skiereiland te reorganiseer. Met dit in gedagte is die Kaapse Skiereiland-kommissie van 1902 aangestel om die toedrag van sake te
ondersoek en aanbevelings te maak om die situasie te verbeter. In
die meerderheidsverslag is aangedring op die vereniging van die
meeste van hierdie dorpe in een liggaam, terwyl die minderheidsverslag twee kleiner korporasies voorgestel het. Ten spyte van die interafhanklikheid
van die munisipaliteite ten opsigte van basiese
dienste, is nie een van die voorstelle van die Kommissie aanvaar nie
omdat die munisipaliteite verbete aan hulle selfbeskikkingsreg gekleef
en alle verandering teengestaan het. • Summary:
At the turn of the nineteenth century the numerous small
municipalities of the Cape Peninsula were clearly in need of reorganisation.
For this reason the Cape Peninsula Commission of 1902
was instituted to investigate the position and make recommendations
for improvement. The majority report urged the amalgamation
of most of the towns into a single body, while the minority
report suggested two smaller corporations. Neither recommendation
was adopted, however, for despite their dependence on one another
for basic utilities the municipalities clung fiercely to their autonomy
and resisted any change.