Show simple item record

dc.contributor.authorVenter, Elmarie
dc.contributor.authorFarrington, Shelley
dc.date.accessioned2012-01-19T07:19:20Z
dc.date.available2012-01-19T07:19:20Z
dc.date.issued2009
dc.identifier.citationVenter, E. & Farrington, S. 2009. The nature of family businesses and their importance for economic development. New Contree : A journal of Historical and Human Sciences for Southern Africa. 58:131-153, Nov. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]en_US
dc.identifier.issn0379-9867
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/5240
dc.description.abstract• Opsomming: Familieondernemings is die algemeenste vorm van sake-ondernemings ter wêreld, insluitend Suid Afrika. Hul invloed en getalle sal in die nabye toekoms aansienlik toeneem. Alhoewel dit alombekend is en aanvaar word dat kleinsake-ondernemings ‘n belangrike bydrae tot ekonomieë lewer, is dit minder bekend dat die meerderheid kleinsake ook familieondernemings is. Gevolglik is daar selfs ‘n neiging in sommige lande om familieondernemings en kleinsake-ondernemings as een generiese begrip saam te flans. Sedert sy ontstaan voer die studieveld van familieondernemings ‘n stryd om sy grense en aard van uitsonderlikheid presies af te baken. Die hoofdoel van hierdie artikel is om dié uitdaging die hoof te bied, deur die verskillende voorgestelde definisies van familieondernemings sedert die vroeë tagtiger jare te ondersoek. Verder sal daar lig gewerp word op die aard van hierdie tipe besighede, hul belangrike bydrae tot nasionale ekonomieë, insluitend die Suid Afrikaanse ekonomie, en die uitdagings waarmee hulle te kampe het. Hierdie artikel illustreer die problematiek om familieondernemings te definieer. Afgesien van die aantal verskillende definisies wat bestaan, behoort hierdie definisies ook tot ‘n aantal verskillende kategorieë. By gebrek aan ‘n algemeen-aanvaarde definisie van familieondernemings is dit belangrik dat elke navorser ‘n duidelike omskrywing bied van sy keuse van ‘n definisie van ‘n familieonderneming. Met die definisies van Flören (2002), Hulshoff (2001) en Stoy Hayward (1989) as grondslag, kan ‘n familieonderneming in breë terme aan die hand van die volgende kriteria gedefinieer word: ten minste 51% van die besigheid se eienaarsbelang is in besit van ‘n enkele familie; ‘n enkel familie is in staat om aansienlike invloed uit te oefen; en minstens twee familielede wat aktief betrokke is as senior bestuurders in die besigheid. Een van die basiese studievelde in familiebesigheidsnavorsing is om die verskille tussen familie- en nie-familielede te identifiseer. Alhoewel onlangse navorsing op hierdie gebied ‘n mate van vooruitgang getoon het, is die verskil tussen familie- en nie-familieondernemings nie duidelik omskryf nie. Ondanks die bydrae van vergelykende sudies wat poog om ‘n beter begrip van hierdie ondernemings te verkry, is daar nog geen stel van beslissende veranderlikes geïdentifiseer wat familieondernemings van die nie-familieondernemings onderskei nie. Beide familie- en nie-familieondernemings is onteenseglik aan die problematiese uitdagings en hoë graad van mislukkings verbind. Afgesien van dieselfde probleme wat kleinsake (SMEs) wat in familie besit is, en daardie wat in nie-familie besit is ervaar, is daar bykomende uitdagings wat besighede wat in familie besit is, die hoof moet bied. Hiérdie uitdagings is te wyte aan hul unieke aard en die familiale, interpersoonlike verwantskappe wat by hierdie soort besigheid bestaan. Dié tersaaklike uitdagings sal ook in die artikel aangespreek word. Familieondernemings, en meer spesifiek dié van klein- en mediumgrootte, vorm die grondslag van die Suid-Afrikaanse ekonomie, en dit is van kardinale belang dat alle pogings aangewend word om die sukses en volhoubaarheid daarvan te bevorder.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherSchool for Basic Sciences, Vaal Triangle Campus, North-West Universityen_US
dc.subjectFamily businessen_US
dc.subjectSmall and medium-sized businessesen_US
dc.titleThe nature of family businesses and their importance for economic development.en_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record