Contents

No. 22, July 1987

Articles


Book reviews

Editorial

The historian wishing to do significant and comprehensive research on the history of a town or region, has to make use of a diversity of sources. For example, in a study like this attention should also be paid to economic aspects such as the establishment, growth and role of commercial undertakings, industries and financial institutions. The records of a local trader or businessman could shed important light on the socio-economic life of that specific community. From these business records it should inter alia be possible to determine the type and quantity of stock bought by the trader, as well as his turnover; which goods appear to have been locally produced, and which were imported from elsewhere; customers' buying habits and their credit arrangements. Biographical information on the proprietor(s) might also be contained in the records.

Unfortunately such documents are generally quite rare for they get lost in the course of time or are simply disposed of as a result of the ignorance or indifference of those who accumulate them. Since business records are moreover not subject to the regulations of the Archives Act, their 'compulsory' official safeguarding is out of the question. The task of preserving such records must therefore usually be performed by individuals and organisations.

A notable attempt in this regard is the Vaal Teknorama which was recently established in Vereeniging to house, amongst others, business and industrial archives for the Vaal 'Quadrangle'. It is being jointly financed and managed by the local authorities of four towns in the region with a view to collecting and cataloguing the records of local industries and commercial enterprises and making these accessible to researchers. Business and industrial records from outside the region will in the future also be accepted, thus lending the Teknorama a national character.

In addition to this plan of action, individuals sometimes also get involved in tracing and storing business records. An article in this issue of Contree deals with such a case. The collection of business records from Willowmore indeed attests to the initiative and foresight of two persons realising the importance of safeguarding such records. At the same time their efforts might provide guidelines to those planning a similar project.

Redaksioneel

Om sinvolle en omvattende navorsing oor die geskiedenis van 'n dorp of streek te kan doen, is die historikus op 'n wye verskeidenheid bronne aangewese. In so 'n studie moet byvoorbeeld ook aandag gegee word aan ekonomiese aspekte soos die ontstaan, groei en betekenis van handelsondernemings, nywerhede en finansiële instellings. Die dokumente van 'n plaaslike handelaar of sakeman sou belangrike lig kon werp op die sosiaal-ekonorniese lewe van die bepaalde gemeenskap. Daar sou onder meer uit sodanige bronne vasgestel kon word watter soort en hoeveel voorrade deur die firma aangekoop en verkoop is, watter handelsware moontlik plaaslik geproduseer en watter van elders ingevoer is, wat klante se kooppatrone was en watter kredietreëlings met hulle getref is. In hierdie sake-argiewe kan moontlik ook biografiese besonderhede omtrent die eienaar(s) en ander belanghebbendes opgesluit lê.

Oor die algemeen is sulke dokumente ongelukkig skaars omdat dit met verloop van tyd verlore raak of bloot vernietig word weens die onkunde of ongeërgdheid van diegene wat dit skep. Bowendien val sake-argiewe nie onder die bepalings van die Argiefwet nie sodat daar geen sprake van 'verpligte', amptelike bewaring kan wees nie. Hierdie taak moet dus gewoonlik deur privaat persone en instansies verrig word.

'n Prysenswaardige poging in die opsig is die vaal Teknorama wat onlangs in Vereeniging tot stand gebring is om onder andere 'n sake- en nywerheidsargief vir die 'Vaalvierhoek' te huisves. Dit word gesamentlik gefinansier en beheer deur die stadsrade van vier dorpe in die gebied met die oogmerk om die argiewe van plaaslike nywerhede en handelsondernemings te versamel, te ontsluit en vir navorsers toeganklik te maak. Sake- en nywerheidsarchivalia van buite die streek sal mettertyd ook aanvaar word, iets wat aan die Teknorama 'n nasionale karakter sal gee.

Afgesien van doelgerigte stappe soos hierdie, is dit soms individue wat nou betrokke raak by die opsporing en bewaring van sake-argiewe. In 'n artikel in die uitgawe word so 'n geval in oënskou geneem. Die Willowmore versameling van dokumente getuig nie net van die inisiatief en versiendheid van twee bewaringsbewuste persone nie, maar kan terselfdertyd as riglyn dien vir diegene wat 'n soongelyke projek wil aanpak.

Recent Submissions

  • Van Jaarsveld, F.A. 1987. Van stamvader Adriaan tot Ernst Jacobus van Jaarsveld, 1702 - 1986: 'n stukkie familiegeskiedenis van onder. [Boek resensie] 

    Jooste, E P (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
  • Van der Waal-Braaksma, G. & Ferreira, O.J.O. 1986. Die Noordweste: die stoflike kultuuruitinge van die streek se bewoners. [Boek resensie] 

    Snyman, P H R (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
  • Mathews, I.B. et. al. 1986. Transvaal philantely. [Book review] 

    Saul, Daphne (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
  • Kennedy, E.E. 1985. Waiting for the boom. [Book review] 

    Liebenberg, M M B (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
  • Coleman, F.L. 1983. Economic history of South Africa. [Book review] 

    Munro, K A (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
  • Pieter Jacob Marais' search for gold in the Transvaal. 

    Coates, P N A (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
    • Opsomming: Op 7 Oktober 1853 het die prospekteerder-avonturier P.J. Marais sy eerste goudontdekking naby die samevloeiing van die Krokodil- en Jukskeirivier in Transvaal aangeteken. Hierdie artikel gee ‘n oorsig van ...
  • Graaf-Reinet's water problems. 

    Minnaar, A de V (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
    • Opsomming: Die dorp Graaff-Reinet worstel reeds sedert sy stigting in 1786 met 'n knaende tekort aan water. In hierdie bydrae word die waternood ontleed en aandag geskenk aan onder meer die vroeëre stelsel van oop leivore ...
  • Ontdekking en bewaring van die willowmore-versameling van dokumente - 'n gevallestudie. 

    Loock, J C (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
    • Opsomming: Toe 'n gebou in 1984 in die hoofstraat van Willowmore verbreek is, het 'n massa dokumente in besit van bewaringsbewuste persone gekom. Die derduisende uitgaande en inkomende briewe, pryslyste, markberigte, ...
  • The construction and use of Grahamstown cathedral's towers. 

    Berning, J M (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
    • Opsomming: Teen die helfte van die 1840's is pogings aangewend om die vierkantige toring van die St. George-kerkgebou aan te pas om 'n stadshorlosie te huisves. Nadat die kerk in 1853 'n katedraal geword het, is ywerig ...
  • Die rol van sendelinge, die owerheid en ekonomiese faktore in die onstaan van Kuruman, 1886 - 1913. 

    Snyman, P H R (Afdeling Plaaslike en Streekgeskiedenisnavorsing van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Division for Local and Regional History Research, Institute for Historical Research, HSRC, 1987)
    • Opsomming: Maatstawwe om te bepaal wanneer 'n dorp in Suid-Afrika gestig is, kon nog nooit werklik neergelê word nie. 'n Studie in enkele Noord-Kaaplandse distrikte bring aan die lig dat slegs een dorp in die streek ...