The imperial imprint: British colonial towns.
Abstract
Baie voormalige Britse kolonies soos Australië, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika, toon merkwaardige ooreenkomste in die uitlê van hul dorpe. Die dorpe word gekenmerk deur 'n rooster-uitleg en soortgelyke uitlegte van eiendomsreg, grondverdeling
en eienaarskap. Hierdie referaat se doel is om die basiese elemente en die verskeie
aanpassings van die Britse model van dorpsontwikkeling in die kolonies te definieer. Die
studie sa! fokus op die Britse koloniale vestiging aan die Ooskus van Amerika en Suid-
Afrika. Deur die eeue is die rooster-uitleg sinoniem met verhuisende mense as gevolg van die
eenvoud van die uitleg, en gemak van uitbreiding om toekomstige groei tegemoet te kom.
Terwyl baie voormalige kolonies ook beïnvloed is deur die Britse Tuinstad (Garden City)
en Nuwe Stad (New Town) bewegings, sal hierdie referaat slegs fokus op die vroeë
koloniale tydperk en die aanvanklike vestigingspatrone.
Die titel van hierdie referaat verwys nie alleen na die uitleg van die stad nie, maar erken
ook dat die uitleg daarvan 'n fisiese uitdrukking is van die politieke, ekonomiese en sosiale
instellings. Die imperiale stempel is deurdring met die ideale van privaatbesit, kapitale
formasie, investering, rykdom en individualisme, en die stad is derhalwe meer as net 'n
patroon van fisiese ontwikkeling.