Goudstad so byna 'n spookdorp.
Abstract
• Opsomming:
Die ontdekking van die Witwaterstandse hoof goudrif vroeg in 1886 het die gebied binne enkele maande in 'n bedrywige delwerykompleks verander. Die aard van die goudneerslag het egter van meet af aan bepaal dat die Witwatersrand nie vir die alleendelwer nie maar vir kapitaalkragtige maatskappye bedoel was. Na drie jaar was die oppervlakerts reeds uitgeput en het die hele bedryf – en daarmee ook Johannesburg – op 'n rampspoedige einde afgestuur omdat die proses om goud uit die dieperliggende pirietkonglomeraat te herwin nog nie aan die Witwatersrand bekend was nie. Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die goudmynbedryf en die Goudstad verseker. • Summary:
The discovery in early 1886 of the Witwatersrand main gold reef c hanged the area, within the space of a few months, into a thriving digging complex. However, the nature of the gold deposits determined from the beginning that the Witwatersrand was not a place for the individual digger, but rather for the capital strong companies. After three years the surface ore had already been exhausted and the entire industry - and with it Johannesburg - headed for a catastrophic collapse since the process to recover gold from the deep lying pyrite conglomerate was still unknown on the Witwatersrand. When this process became known and sufficient gold reserves were eventually discovered, the futures of the gold mining industry and of the Golden City were secured.
Collections
- Contree: 1986 No 20 [11]