Elize van Eeden was vanaf 1986 tot 2004 verbonde aan die PUK-Kampus as navorser, dosent en buitengewone medeprofessor, en sy is tans werksaam by die Vakgroep geskiedenis van die Vaaldriehoekkampus. Sy is die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke en artikels (wetenskaplik en populêr). Hierbenewens is sy ook vir jare nou betrokke by die opleiding van opvoeders van Geskiedenis, en dien ook tans op die bestuur van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Geskiedenisonderrig. Met Pretoria as tuiste het Elize haar ook toegespits op navorsings-konsultasiewerk vir etlike korporatiewe ondernemings en die Regering. Elize het haar beroepsloopbaan begin as opvoeder by Belfast Hoërskool waarna sy vir `n jaar aan Alma Mater Dr. E.G. Jansen Hoërskool verbonde was voordat sy haar loopbaan aan die eertydse PU vir CHO voortgesit het.
© 2003 Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

Inhoud:

Proloog
Hoofstuk 1 - Verby die wonderdaad..., tot ? groter toekomsvisie
Hoofstuk 2 - Die ontwikkeling van die universiteitwese - in besonder in Suid-Afrika
Hoofstuk 3 - Beleid- en bestuurstrukture
Hoofstuk 4 - Ontwikkeling op onderriggebied
Hoofstuk 5 - Navorsing aan die PUK
Hoofstuk 6 - Personeelontwikkeling
Hoofstuk 7 (Deel 1) - Studentelewe op die PUK-kampus: die Studenteraad en kultuurbedrywighede
Hoofstuk 7 (Deel 2) - Studentelewe op die PUK-kampus: sportaktiwiteite en koshuise
Hoofstuk 8 - Ondersteuningsdienste
Hoofstuk 9 - Terrein- en gebou-ontwikkeling
Hoofstuk 10 - Ontstaan en ontwikkeling van die Vaaldriehoekkampus
Hoofstuk 11 - Die "stem van Potchefstroom" in die samelewing
Epiloog - Die proses van samesmelting as Noordwes-Universiteit (NWU) sedert Januarie 2004
Bylae

Recent Submissions