Show simple item record

dc.contributor.advisorEiselen, G.T.S.
dc.contributor.authorPotgieter, Johanna Maria
dc.date.accessioned2013-10-15T12:19:44Z
dc.date.available2013-10-15T12:19:44Z
dc.date.issued2002
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/9279
dc.descriptionThesis (LL.M. (Import and Export Law))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2003
dc.description.abstractElektroniese kommunikasie en handel is 'n verskynsel wat eksponensieel toegeneem het oar die laaste dekade saammet die ontwikkeling en uitbreiding van die Internet. Ten einde kompeterend te wees in die internasionale arena is dit belangrik dat Suid-Afrika 'n klimaat skep waarin elektroniese handel kan floreer. Daar bestaan egter die perspesie dat die huidige regsbedeling onvanpas en onvoldoende is om die kwessies wat ontstaan as gevolg van elektroniese handel te kan hanteer. In 1996 het die kommissie van die Verenigde Nasies gemoeid met internasionale handel, UNCITRAL die Mode/wet oor Elektroniese Handel gefinaliseer. Sederdien is die Modelwet opgeneem in wetgewing of het wetgewing beinvloed in verskeie Iande. Een van die onderliggende beginsels waarop die Modelwet gebaseer is, is "funksionele gelykheid" ten einde met snel veranderende tegnologie tred te hou. Hierdie beginsel behels dat in ons soektog na regsoplosssings, papiergebaseerde oplossings nie netso nageboots moet word nie maar dat daar eerder gestreef word na ekwivalente regsoplossings binne die tegnologies raamwerk. Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies is die SuidAfrikaanse antwoord op hierdie internasionale verwikkelinge. Die oogmerk van hierdie skripsie is om artikels 11 tot 13, 18 en 19 van die Wet te bestudeer en te vergelyk met die Modelwet. Verder om te ondersoek tot watter mate die doelwitte van die Groenskrif behaal is en in welke mate die Wet die behoeftes van die breer gemeenskap aanspreek, soos dit blyk uit die kommentaar op die Groenskrif. Die Suid-Afrikaanse benadering is gebaseer op internasionale voorbeelde en afwykings daarvan word ook bespreek. Hoewel die persepsie bestaan dat die Suid-Afrikaanse reg nie toegerus is om die veranderings te kan hanteer nie, is dit meerendeels net 'n persepsie. Suid-Afrika beskik oor 'n inherent aanpasbare gemenereg. In my opinie, sou opskrifstelling in 'n elektroniese omgewing nie 'n probleem geskep het binne die gemenereg nie. Dit blyk dat meer onsekerheid oor die aard van handtekeninge bestaan. Dit is waarskynlik dat gevorderde elektroniese handtekeninge (soos in die Wet bespreek) in ieder geval erken sou word. Die nuwe Suid-Afrikaanse Wet oor elektroniese handel ruim egter enige onsekerheid uit die weg. Die Suid-Afrikaanse Wet maak gebruik van verskeie internasionale bronne maar die UNCITRAL Modelwet dien as vertrekpunt. Daar blyk eenstemmigheid in Amerika, die Europese Unie en Australie te wees dat "funksionele gelykheid" die beste manier is om veranderende tegnologie te hanteer. Die beginsel van "funksionele gelykheid" is die goue draad wat deur nie aileen die UNCITRAL Modelwet maar ook deur die Suid-Afrikaanse wetgewing geweef is. Die Suid-Afrikaanse wetgewing voeg verskeie beskermingsmeganismes ten einde verbruikers te beskerm teen die gevare van 'gesiglose handel'. Elektroniese skrif word as die ekwivalent van skrif op papier erken. SuidAfrikaanse wetgewing identifiseer die volgende basiese funksies van handtekeninge, naamlik: • Om die persoon te identifiseer; en • Om die persoon se goedkeuring van die inligting te kommunikeer. 'n Addisionele vereiste dat elektroniese handtekeninge so betroubaar as wat gepas was onder die omstandighede moet wees, word bygevoeg. Suid-Afrikaanse wetgewing spreek oak die kwessies van notariele parktyk, oorspronklikes, sertifisering en geregistreerde pas aan. In geheel behoort die bepalings rakende vormvereistes positief ontvang te word in die mark aangesien "funksionele gelykheid" behoorlik geimplementeer word en 'n juiste basis is.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherPotchefstroom University for Christian Higher Education
dc.subject"Functional Equivalence"en_US
dc.subjectTechnological neutralityen_US
dc.subjectElectronic Communications and Transactions Acten_US
dc.subjectUNCITRAL Model Law on Electronic Commerceen_US
dc.subjectUNCITRAL Model Law on Electronic Signaturesen_US
dc.subjectElectronic signatureen_US
dc.subjectWritingen_US
dc.subjectOriginalen_US
dc.titleThe importance of the concept of "functional equivalence" for the South African approach to form and writingen
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record