Staan die natuur op die balansstaat? Omgewingsbeskouings van die plaaseienaar in voetpad na vergelegen (Chris Barnard) en verbrande paradys (Hans du Plessis)
Is nature reflected on the balance sheet? The farm owner’s perspective on the environment in Voetpad na Vergelegen (Chris Barnard) and Verbrande paradys (Hans du Plessis)
Abstract
In navorsing oor die beskouings van en betekenisgewing aan die natuur in Suider-
Afrika, ’n belangrike fokuspunt binne die ontwikkeling van ’n ekologies-georiënteerde
literêre kritiek in Afrika, kan die plaaseienaar en sy omgewingsbeskouings as ’n
betekenisvolle ondersoekterrein geïdentifiseer word. Hierdie artikel fokus op Chris
Barnard se jeugroman Voetpad na Vergelegen (1987) en Verbrande paradys (2009) uit die pen van Hans du Plessis om ondersoek in te stel te stel na die literêre manifestering van
omgewingsbewustheid in die karakter van die plaaseienaars en na die vraag in watter
mate ekosensitiwiteit in praktyke van bewaringsboerdery neerslag vind. Die ondersoek
word gedoen teen die agtergrond van die ekonomiese werklikhede en die sosiaal
gestruktureerde aard van plaasbestuur. Daar word ook vasgestel wie die deelnemers in
die gesprek oor, en die proses van besluitneming ten opsigte van, die hantering van die
natuurerfenis op die plase in die romans is. Gegewe die lang historiese ontwikkeling
van natuur- en omgewingsbewaringsinisiatiewe en -wetgewing in Suid-Afrika, kan
navorsing oor bewaringsingesteldheid en -pogings, soos dit in die letterkunde
opgeteken staan, een van die belangrikste instrumente wees in die kartering van ’n
Afrika-ekokritiek binne die literêre grense van Afrikaans The farmer and his perspective on the environment may serve as a significant field of
investigation in research on perspectives on and value placed upon nature in Southern Africa,
an important area of focus in the development of an ecologically oriented literary criticism in
Africa. This article investigates the literary manifestation of environmental awareness in the
characters of the respective farm owners in Chris Barnard’s youth novel Voetpad na
Vergelegen (1987) and Verbrande paradys (2009) by Hans du Plessis, and inquires into the
extent to which ecosensitivity is demonstrated in conservation farming practices in these
novels. The study is set in the context of the economic realities and socially structured nature
of farm management. In addition, the article determines the participants in the discourse on
and process of decisionmaking
regarding the management of the natural heritage on the
farms in the novels. Given the long period of historical development of nature and
environmental conservation initiatives and legislation in South Africa, research on the
attitude and endeavours regarding conservation as it is recorded in literature may be one of
the most important instruments in mapping an African ecocriticism
within the literary limits
of the Afrikaans language
URI
http://hdl.handle.net/10394/5728http://www.litnet.co.za/staan-die-natuur-op-die-balansstaat-omgewingsbeskouings-van-die-plaaseienaar-in-voetpad/
http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_7_3_meyer.pdf
Collections
- Faculty of Humanities [2033]