Daniëlskuil - die tronk-mite.
Abstract
• Opsomming:
Die Noord-Kaaplandse dorp Daniëlskuil ontleen sy naam aan 'n natuurlike krater of kuil in die nabyheid. Om die naam te verklaar, is mettertyd 'n mite aan die kuil gekoppel, naamlik dat dit deur die Griekwa as 'n tronk gebruik is. Teen die agtergrond van die ontmitologisering van die geskiedbeeld word die oorsprong van die naam Daniëlskuil in hierdie artikel krities ontleed. Die navorsing dui daarop dat dit onwaarskynlik is dat die kuil ooit as 'n tronk gebruik is. • Summary:
The Northern Cape town of Daniëlskuil takes its name from a natural hole or cave in the vicinity. To explain the origin of the name, a myth was connected with this hole, namely that the Griqua used it as a prison. In this article the origin of the name Daniëlskuil has been analysed critically as part of a process to clear history of such myths. Research suggests that it is very unlikely that the cave was ever used as a prison.